Month: November 2017

Die Hand Van Bemoediging

“Pasiënt is veglustig” het die verpleegster se notas gelui.

Wat sy egter op daardie stadium nie besef het nie was, dat my liggaam ’n allergiese reaksie ondergaan het toe ek na ’n groot hartoperasie wakker word. My liggaam het heftig begin bewe en my arms het aan die bande wat moes keer dat ek nie die pype uit my keel…

’n Goeie Einde

Soos wat die teaterligte verdof en ons ons voorberei het om na Apollo 13 te kyk, het my vriend gefluister: “Foeitog, hulle het almal gesterf”. Ek het met afwagting na die fliek van die 1970 ruimtevaart gekyk, wetende dat dit op ’n tragiese einde afstuur, net om later te besef dat ek vergeet het hoe die ware verhaal geëindig het –…

Dink Voordat Jy Praat

Cheung was kwaad vir sy vrou wat vergeet het om die roete na ’n bekende restaurant, waar hulle na hulle vakansie in Japan wou gaan eet, na te gaan. Omdat hulle tyd beperk was, moes hulle toe maar die uiteet los. Cheung was baie gefrustreed en het sy vrou oor haar slegte beplanning gekritiseer.

Cheung het later besef dat hy…

Tweede Kanse

As gevolg van verkeerde besluite het Linda in ’n tronk in ’n ander land beland. Sy was ses jaar lank daar aangehou en toe sy vrygelaat is, het sy geen heenkome gehad nie. Terwyl haar familie geld bymekaar maak vir haar kaartjie terug huistoe, het ’n goedhartige paartjie aan haar losies, kos en ’n helpende hand aangebied. Linda was so…

Ons Gebede, God Se Tydsberekening

Dit is soms moeilik om te verstaan hoekom God nie altyd dadelik ons gebede verhoor nie.

Dit was ook die geval met Sagaria, ’n priester aan wie die engel Gabriël eendag verskyn het. Die engel het vir hom gesê dat God sy gebede verhoor het, dat sy vrou Elizabeth ’n seun in die wêreld gaan bring, en dat Sagaria hom Johannes…

Vreugde en Regverdigheid.

Tydens ’n konferensie in Asië het ’n pastoor getuig van sy elf jaar wat hy onskuldig in ’n tronk moes deurbring vir moord. Daar was ook ’n groepie families wat vertel het hoedat hulle ’n fortuin spandeer het om godsdienstige vervolging vry te spring, net om uiteindelik deur dieselfde mense wat hulle sou help, verraai te word. Nou, nadat hulle jarelank…

Daardie Beroemde Glimlag

Nadat ek en my vrou bevoorreg was om die Louvre in Parys te besoek, het ek my elfjarige kleindogter, Addie, geskakel. Toe ek aan haar noem dat ons die beroemde skildery van da Vinci, die Mona Lisa, gesien het, was Addie se eerste vraag: “Glimlag sy?”

Is dit nie maar die grootste vraag rondom hierdie skildery nie? Meer as 600…

Sterk Baba

Toe ek hom die eerste keer sien, het ek gehuil. Hy het soos ’n volmaakte babatjie slapende in sy bedjie gelyk. Maar ons het geweet dat hy nooit sou wakker word nie. Nie totdat hy in die arms van Jesus was nie.

Hy het vir etlike maande aan die lewe vasgeklou. Toe vertel sy moeder ons in ’n hartverskeurende E-pos van…

Leef Anoniem

My verslete en voosgelese kopie van Jane Yolen se werk “Working Up to Anon” (Anoniem) was ’n uittreksel uit ’n baie oue “The Writer”- tydskrif. Volgens haar is die beste skrywers dié wat regtig daarna streef om deur middel van erkende outeursreëls ’n storie so te vertel dat die fokus eerder op die storie geplaas word en nie op die vermoëns van die…

Wie kan Hy wees?

“Maak skoon julle lessenaars en kry ’n stuk papier en potlood.” Toe ek nog ’n student was, het hierdie gewraakte woorde “toetstyd” aangekondig.

In Markus 4 lees ons dat Jesus se dag, wat gewoonlik met lering op die strand begin het (vs. 1), met ’n tyd van geloofstoetsing afgesluit is (vs. 35). Die boot wat as ’n platform vir Sy…